Okavango Delta Botswana
"Soos die Vader my gestuur het, stuur ek julle ook."
Sending is die doel van die kerk se bestaan.
Jesus was immers die eerste sendeling na die wêreld.
Almal wat aan Christus behoort is sendelinge.
Die enigste verskil is: Jy is of 'n fluks of 'n lui sendeling.
Daar is niks tussen in nie!
Volgens Operasie Wereld is hierdie gebied onder die 100 minste bereikte groepe ter wereld. Dit is die tuiste van Kwe-boesmans, Mbukushu, Mbarakwena, Xeriko, Xanikwe en Bayei stamme. Daar word soms ook na hulle verwys as die vergete mense van Botswana. Delta Cross Ministries (DCM) het in 1996 met sendingwerk hier begin.
Hoe kan jy betrokke raak?
|
Willie Booyse is aan die stuur van sake. Hy is getroud met Estelle en hulle het drie dogters. Hulle woon in Seronga.
|
DCM se fokus
DCM fokus daarop om die mense in die gebied te evangeliseer en nuwe kerke te stig in die verskillende gemeenskappe. Daar word eers 'n persoon opgelei wat die kerk kan lei voordat 'n nuwe kerk amptelik gestig word. Gedurende hierdie tyd van opleiding, word daar Bybelstudiegroepe gestig om die ge-evangeliseerdes te help om geestelik te groei
'n Volgende fokuspunt is evangelisasie. Deur-tot-deur besoeke word gebring en die EE3 Program word dan gebruik om die evangelie te verduidelik. Die "living ball" word ook gebruik wanneer met die jongmense in die strate gespeel word. Ons hoof doel is om die evangelie aan elke mens te verkondig in die gebiede waar ons werk.
DCM beskou opleiding ook as baie belangrik. Ons maak gebruik van die Building on Firm Foundations kursus, die EE3 kursus , Nehemia se Teologiese kursus en Kinderbedieningopleiding. Die doel is om in elke gemeenskap 'n kerk te stig met 'n opgeleide pastoor en kinderwerker.
Kleuteronderrig kry ook baie klem. Ons het reeds 'n kleuterskooltjie in Seronga en poog om in elke dorpie so 'n skooltjie te plant.
Projekte word ook jaarliks geloots om bv. kerkies te bou, bestaande geboue op te gradeer en ander projekte van stapel te stuur.
Uitreike na ons is baie welkom en uitreikspanne word veral blootgestel aan sending oor kulturele grense. Uitreike kan enige getal mense tot 20 insluit en kan van enige kerkorganisasie of selgroepe of jeuggroepe wees.
Gemeenskapsondersteuning is ook belangrik en daar word gepoog om klere, voeding en VIGS-ondersteuning te voorsien.